Graad 12 – Wiskunde – Algebra: Gelyktydige Vergelykings

Gelyktydige vergelykings het die vermoë om baie maklik ‘n mens deurmekaar te maak. Daarom fokus ek met die studente wat ek tutor om duidelik die vergelykings wat hulle doen uit te merk.

 

Kom ons kyk na om x en y op te los in 2x + 3y =3 en x + 2y + 9 = 0

  • Eerstens kyk ons watter vergelyking ons kan gebruik om “x” of “y” op hul eie te kry. Daarom sal ons x + 2y + 9 = 0.

dus is x = -2y – 9

  • Nou vervang ons “x” in in 2x + 3y = 3, met “-2y -9”

2(-2y-9) +3y -3 = 0

-4y – 18 +3y -3 = 0

-y – 21 = 0

-y = 21

dus is y = -21

  • Noudat ons y se waarde bepaal het gaan ons die “y” in x = -2y – 9, vervang met “-21”

x = -2(-21) – 9

x = 42 – 9

dus is x = 33

  • Onthou om altyd jou antwoorde van x en y altyd weer onder aan te skryf.

dus is x = 33 en y = -21

 

Indien jy extra klasse of tutoring hulp met wiskunde benodig. Kontak 076 230 4040 of stuur ‘n e-pos na  info@comma.co.za om ‘n bespreking te maak.