Graad 12 – Wiskunde – Finansiële Wiskunde: Delgingsfondse

Die formule vir delgingsfondse is baie eenvoudig:

verhoogde waarde van goedere – verlaagde waarde van goedere = delgingsfonds waarde

Kom ons kyk na ‘n voorbeeld van delgingsfondse:

Die eienaar van ‘n drukpers wil die masjien na 5 jaar met ‘n nuwe een vervang. Die masjien kos R58 000, die inflasiekoers is 5,6% p.j. en die waardeverminderingskoers op die masjien is 10% p.j.

1.1) Bereken die waarde van die delgingsfonds wat opgestel moet word

1.2) Die bank bied die eienaar 5,4% p.j. maandeliks saamgestel op die delgingsfond. Bereken die hoeveel die eienaar, beginnende oor een maand, moet betaal in die fonds.

 

  • Kom ons begin om die waarde van die ou masjien en nuwe masjien te bepaal formule

1.1) Ou masjien:

A = P(1 – i)n  

A = 58000(1 – 0.1)5

A =  R34 248,42

Nuwe masjien:

A = P(1 + i)n  

A = 58000(1 + 0.056)5

A =  R76 163,62

  • Kom ons bepaal die waarde van die delgingsfonds nou:

Waarde van delgingsfonds = prys van nuwe masjien oor 5 jaar – waarde van ou masjien oor 5 jaar

Waarde van delgingsfonds = 76 163,62 – 34 248,42

= 41 915,20

 

1.2) F = x[(1+i)n – 1] / i

41 915,20 = x[(1+0.054/12)5 x 12 – 1] / 0,054/12

(41 915,20)(0,0045) = x[(1,0045)60 – 1]

(41 915,20)(0,0045) / [(1,0045)60 – 1] = x

dus is x = 610, 08

Paaiement = R610,08 per maand

 

Indien jy met Wiskunde sukkel en ekstra klasse of tutoring hulp benodig, kontak 076 230 4040 of info@comma.co.za vir enige navrae.