Graad 12 – Lewenswetenskap – Natuurlike Seleksie: Bewyse van Evolusie #2

  • Post category:All

Bewyse Van Evolusie

  • Fossielrekords (Graad 10)
  • Afstamming met modifikasie
  • Biogeografie(Graad 10)
  • Genetika(Graad 12)

Die verduidelikings van fossielrekords en afstamming met modifikasie kan hier gesien word.

 

Biogeografie:

  • Biogeografie is die studie van die verspeiding van bestaande en uitgestorwe plant- en dierspesies in bepaalde geografiese streke
  • Biogeografiese streke kan egter deur versperrings geïsoleerd raak, wat dan verhoed dat spesies van een streek na ‘n ander versprei. Dit kan ook lei tot die ontstaan van nuwe spiesies. Sulke versperrings sluit in:

Groot bergreekse
Groot watermassas(oseane)
Smal landmassas
Woestyne

  • ‘n Goeie voorbeeld van Biogeografie is die noord en suid pole. Waar albei bedek is met ys, maar ysbere kom voor in die Noordpool en pikkewyne kom voor in die Suidpool.

 

Genetika:

  • Genetika, die studie van oorerwing verskaf die volgende bewys vir evolusie:
    Organismes wat naverwant is aan mekaar, toon meer ooreenkomste in hul DNA
  • Hierdie verduidelik waar variasie, ‘n noodsaaklikheid vir evolusie om plaas te vind, vandaan kom.
  • Veranderinge in the genotipe/fenotipe wat na die opeenvolgende generasie oorgedra word, word aangteoon
  • Dit verklaar dus hoe spesiasie voortkom

 

Ander Vorme van Bewyse:

 

  • Biochemie
    -Identiese DNA strukture, dieselfde genetiese kodes vir proteïensintese( A, T, C, G), algemene stel van 20 aminosure om proteïene op te bou, ATP as ‘n universele energiedraer, ensovoorts
  • Vestigiale Strukture/organe
    Sommige organismes besit strukture/organse wat, omdat dit in onbruik was, moontlik in grootte afgeneem het met die verloop van tyd. Hierdie staan bekend as vestigiale strukture. ‘n Voorbeeld hiervan is walvisse. Walvisse besit geen agterste ledemate nie , maar besit oorblyfsels van bekkengordels en onontwikkelde agterbene, wat op vierpotige voorouers mag dui.

 

Indien jy sukkel met Lewenswetenskap en ekstraklasse of tutoring hulp benodig. Kontak gerus 076 230 4040 of stuur ‘n e-pos na info@comma.co.za vir enige navrae.