Graad 12 – Lewenswetenskap – Natuurlike Seleksie: Bewyse van Evolusie #1

Populasie/Bevolking is ‘n groep eenderse organismes van dieselfde spesie wat op ‘n spesifieke tydstip in ‘n spesifieke gebied saamwoon en oor die vermoë beskik om te kruisteel en ‘n vrugbare nageslag voort te bring.

Geenpoel: Die totale aantal gene van al die reproduktiewe individue in ‘n spesifieke populasie.

 

Bewyse Van Evolusie

  • Fossielrekords (Graad 10)
  • Afstamming met modifikasie
  • Biogeografie(Graad 10)
  • Genetika(Graad 12)

 

Fossielrekords:

Fossielrekord is ‘n samevoeging van al die gelyste en bekende fossiele, van verskillende ouderdomme, wat regoor die wêreld deur paleontoloë ontdek is.

  • Dit dui aan die orde waarin evolusie plaasgevind het
  • Die ouderdom van fossiele kan bepaal word deur die omringe rots waarin dit voorkom
  • Ouer rotslae vertoon minder biodiversiteit as meer onlangse rotslae
  • Die fossielrekords dra daartoe by om ‘n geologiese tydskaal vanaf ontstaaan van die aarde tot vandag, op te stel.

 

Afstamming met Modifikasie

Die voorste ledemate van verskeie werweldiere soos, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere lyk verskillend en verrig verskillende funksies, maar het dieselfde basiese bouplan (pentadaktiele ledemaat)

Pentadaktiele ledemaat bestaan uit die volgende beendere:

  • een proksimale langbeen(humerus)
  • twee distale bene (radius en ulna)
  • aantal kleiner polsbeentjies(karpale)
  • vyf middelhandbeentjies (metakarpale) wat van die palm van die hand af vorm
  • falinkse( 5 vingers)

Indien jy sukkel met Lewenswetenskap en ekstraklasse of tutoring hulp benodig. Kontak gerus 076 230 4040 of stuur ‘n e-pos na info@comma.co.za vir enige navrae.