Die menslike hart klop ongeveer 70 keer per minuut. Een hartklop word ‘n hartkringloop genoem.
Dit duur ongeveer 0,8 sekondes en word verdeel in drie fases:
- Atriale sistool
- Ventrikulêre sistool
- Algemene diastool
Atriale sistool (0,1 sekondes):
- Atriums trek saam
- Bloedvate wat bloed tot die atriums vervoer, vernou.
- Bloed word van die atriums deur die bikuspidale en trikuspidale kleppe tot in die ventrikels gestoot
Venrtikulêre sistool:
- Die ventrikels trek saam.
- Verhoogde druk in die ventrikels laat die kuspidale kleppe toegaan
- Bloed verlaat die hart deur die aorta en pulmonêre arteries
Algemene Diastool:
- Die hart ontspan
- Die pulmonalisklep en aorta klep gaan toe.
- Bloed vloei deur die venae cavae en pulmonêre are by die atriums in
- Die kuspidale kleppe is oop en bloed sypel(vloei) in die ventrikels in.
Die hartkringloop verseker dat bloed in een rigting deur die hart vloei, sodat bloed doeltreffend deur die liggaam kan pomp.
Indien jy sukkel met Lewenswetenskap en ekstraklasse of tutoring hulp benodig. Kontak gerus 076 230 4040 of stuur ‘n e-pos na info@comma.co.za vir enige navrae.