Sintese-reaksies:
Wanneer twee of meer chemiese stowwe chemies bind om meer komplekse verbindings te vorm. Byvoorbeeld Waterstof en suurstof bind chemies om water te vorm.
Ontbindingsreaksies:
Wanneer ‘n verbinding afbreek om eenvoudiger stowwe te vorm. Byvoorbeeld kaliumchloraat word ontbind in Kaliumchloried en suurstof.
Die wet van behoud van energie:
In ‘n geïsoleerde stelsel kan energie nie geskep of vernietig word nie; dit kan slegs van een plek na ‘n ander oorgedra word.
Eksotermiese reaksies:
Reaksies wat meer energie vrystel(gewoonlik in die vorm van termiese energie) as wat hulle opneem.
Endotermiese reaksies:
Reakises wat meer energie opneem as wat hulle vrystel. Gewoonlik is dit ontbinding reaksies, wat energie benodig om die bindings tussen molekules te breek.
Indien jy Chemie ekstra klasse of tutoring hulp benodig. Kontak 076 230 4040 of stuur ‘n e-pos na info@comma.co.za indien jy enige navrae het.