Kom ons kyk na Ohm se wet:
Ohm se Wet: Die stroom deur ‘n resistor is direk eweredig aan die potensiaalverkil oor die punte van die resistor, mits die temperatuur van die resistor konstant bly
- Ohm se Wet in die vorm van ‘n formule:R = V/I
- Ons kan ook die volgende twee formules met behulp van ohm se wet:
- V = IR
I = V/R
Ohm se wet stel ook aan ons bekend die konsep van ohmiese en nie-ohmiese geleiers:
Ohmiese geleier:
- gehoorsaam ohm se wet
- Die verhouding van V/I is konstant mits die temperatuur van die geleier konstant bly. Dus bly die weerstand(R) konstant.
Nie-Ohmiese geleier:
- gehoorsaam nie ohm se wet nie
- Die verhouding van V/I bly nie konstand nie. Dus sal die weerstand nie konstant bly nie, maar sal toeneem indien te temperatuur toeneem.
Indien jy Fisiese Wetenskappe ekstraklasse of tutoring hulp benodig. Voel gerus om 076 230 4040 of info@comma.co.za te kontak vir enige navrae of besprekings.