Graad 12 – Chemie – Chemiese Stelsels: Produksie van anorgansiese bemestingstowwe

Produksie van NH3: Die Haber-proses:

N2(g) word verkry deur die fraksionele distillasie van vloeibare lug.

H2(g) word gekry uit sintesegas geproduseer uit steenkool en stoom  of uyit koolwaterstowwe, soos metaan.

Fe word as katalisator gebruik.

Die basiese reaksie is:

N2(g) + 3H2(g) ⇌ 2NH3(g)    ΔH<0

 

Produksie van HNO3: Die Ostwald-proses:

  • NH3 en O2 word saam bygevoeg om NO te vorm:

Pt word gebruik as ‘n katalisator.

4NH3(g) + 5O2(g) ⇌ 4NO(g) + 6H2O(g)     ΔH<0

  • Volgende word ‘n reaksie met die NO en O2 gedoen om NO2 te vorm :

2NO(g) + O2(g) ⇌ 2NO2(g)       ΔH<0

  • Die NO2 reageer met H2O om HNO3 te vorm:

3NO2(g) + H2O ⇌ 2HNO3 + NO(g)

 

Produksie van H2SO4: Die Kontakproses:

 

  • Geelswaelpoeier brand in suurstof uit die lug:

S(s) + O2(g) -> SO2(g)      ΔH<0

 

  • Die SO2 reageer met O2. Vanadiumpentoksied(V2O5) word as katalisator gebruik:

2SO2(g) + O2(g) ⇌ 2SO3(g)    ΔH<0

 

  • SO3 word in H2SO4 opgelos

SO3(g) +H2SO4 -> H2S2O7

  • H2SO4 word by water gevoeg

H2S2O7 + H2O _> H2SO4

 

Indien jy chemie ekstra klasse of tutoring hulp benodig. Kontak gerus 0762304040 of stuur ‘n e-pos na info@comma.co.za