Graad 12 – Fisika – Elektriese stroombane: Interne Weerstand

E = emk

I = stroom

R = eksterne weerstand

r = interne weerstand

Eksterne- vs Interne Weerstand

Eksterne weerstand verwys na die weerstand van die stroombaan, byvoorbeeld resistors wat in die stroombaan is. Interne weerstand verwys na die weerstand binne in die battery, die interne weerstand in batterye is the hitte energie wat verlore gaan oor tyd.

Kom ons kyk na die formule van interne weerstand:

E = I(R+r)

Emk = stroom x (Eksterne weerstand + Interne weerstand)

Kom ons kyk na ‘n voorbeeld:

‘n Ammeter op ‘n stroombaan lees ‘n lesing van 1.6A wanneer die  skakelaar toe is.
‘n Voltmeter wat gekoppel is aan beide kante van die sel, het ‘n lesing van 12V wanneer die skakelaar oop is.
Daar is een resistor (R1) wat in series is aan twee resistors wat parallel (R2 en R3) is aan merkaar.

R1 = 4Ω

R2 = 5Ω

R3 = 5Ω

Bepaal:

1.1) Die emk van die sel

1.2) Die totale weerstand van die stroombaan

1.3) Die interne weerstand van die sel

 

1.1) 12V

 

1.2) 1/Rp = 1/R1 + 1/R2

1/Rp = 1/5+1/5

dus is 1/Rp = 2/5

dus is Rp = 5/2 = 2,5Ω

Rtotaal = R1 + Rp

dus is Rtotaal = 4Ω + 2.5Ω

dus is Rtotaal  = 6,5Ω

 

1.3)  E = I(R+r)

dus is 12 = 1.6(6,5 +r)

dus is r = 1Ω

 

Indien jy Fisiese Wetenskappe ekstraklasse of tutoring hulp benodig. Voel gerus om 076 230 4040 of info@comma.co.za te kontak vir enige navrae.