Graad 12 – Wiskunde – Finansiële Wiskunde: Huidige Waarde Annuïteite

Laat ons begin met die formule vir Huidige Waarde Annuïteite

P = x[1 – (1+i)-n] / i

P = Huidige waarde

x = die paaiement

i = rentekoers per interval

n = aantal paaiemente

Kom ons kyk na ‘n voorbeeld:

‘n Lening van R 15 000,00 moet terugbetaal word deur middel van 18 gelyke betalings wat oor 3 maande begin. Rente is teen 12% p.j. kwartaaliks saamgestel. Bereken hoeveel elke kwartaalikse betaling moet wees.

  • Begin met die formule

P = x[1 – (1+i)-n] / i

  • Substiteer die waardes in die veranderlikes se plek

15000 = x[1 – (1+0,12/4)-18] / 0,12/4

(15000) (0.03)= x[1 – (1,03)-18]

450/[1 – (1,03)-18]  = x

dus is x =1090,63

Paaiement = R 1090,63

 

Indien jy ekstraklasse of tutoring hulp met wiskunde benodig kontak 076 230 4040 of info@comma.co.za vir enige navrae.