Kom ons kyk na die formule vir Toekomstige Waarde Annuïteite:
F = x[(1+i)n – 1] / i
F = Toekomstige waarde
x = die paaiement
i = rentekoers
n = aantal paaiemente
Kom ons kyk na ‘n voorbeeld:
Dawie deponeer R1200,00 in ‘n spaarrekening aan die einde van elke jaar vir 8 jaar . Rente is 6,4% p.j. jaarliks saamgestel. Bereken die waarde van sy spaargeld nadat hy die agtste deposito gemaak het.
- Onthou om altyd die formule eerste neer te skryf
F = x[(1+i)n – 1] / i
- Substiteer die waardes in die veranderlikes se plek
F = 1200[(1,064)8 – 1] /0.064
- Tik die waardes in jou sakrekenaar
F = R 12 048,84
Indien jy ekstraklasse of tutoring hulp benodig vir Wiskunde voel gerus om 0764758520 of info@comma.co.za the kontak met enige navrae.