Wanneer ek leerders oor kwadratiese vergelykings tutor. Fokus ek op die vier maniere waarop hulle opgelos kan word.
- Faktorisering
- Te skryf in die vorm: ‘n volkome vierkant = ‘n getal
- “voltooiing van die vierkant” indien jy gevra word om dit so op te los
- met die gebruik van die kwadratiese formule. x = -b ± √b²-4ac / 2a
Oor die algemeen sal jy in vraestelle meeste van die tyd kwadratiese vergelykings faktoriseer of die kwadratiese vergelyking gebruik, wanneer jy die antwoord in wortelvorm moet los.
Kom ons kyk na hoe ons x kan oplos in (x+1)(x-2)=3x-1.
- Los op die hakkies
x² – x – 2 = 3x – 1
- Dra al die waardes oor na die linkerkant van die “=”
x² – 4x – 1 = 0
- Wanneer jy dit nie kan faktoriseer nie. Mag jy gebruik maak van die kwadratiese formule.
x = -b ± √b²-4ac / 2a
x = -(-4) ± √(-4)²-4(1)(-1) / 2(1)
x = 4 ± √16+4 / 2
dus is x= 2 + √5 of x = 2 – √5
Indien jy hierdie hulpvol gevind het Kontak 076 230 4040 of stuur ‘n e-pos na info@comma.co.za om ‘n tutorles te bespreek.