Geslote Bloedomloopstelsels:
- Die hart pomp bloed onder hoë druk deur die liggaam
- Bloed bly in buise, wat bloedvate genoem word, totdat dit terug na die hart keer.
- Die ligaam se weefsel is vol bloedvate
- Stowwe diffundeer vanuit die bloed na die liggaamselle waaruit die weefsel bestaan.
- Stowwe beweeg deur die wander van kapillêre vate, wat die kleinste bloedvate is.
- Suurstof en voedingstowwe beweeg na liggaamselle en diffundeer daarin
- Koolstofdioksied en afvalprodukte verlaat die weefsel en diffundeer weer in die bloed in.
Geslote bloedsomloopstelsel is doeltreffend, want die bloed se vloei na die verskillende weefsel kan maklik beheer word.
Dubbele bloedsomloop:
- Mense het twee bloedsomloopstelsels: Die klein bloedsomloop (pulmonêre of longbloedsomloop) en die grootbloedsomloop (sistemiese bloedsomloop)
- Dit beteken dat bloed een keer deur die liggaam, maar twee keer deur die hart vloei.
- Dis hoekom dit ‘n dubbele bloedsomloopstelsel genoem word.
- Die klein bloedsomloop stelsel vervoer bloed van die hart na die longe en terug na die hart.
- Die groot bloedsomloopstelsel vervoer bloed van die hart na die liggaam en terug na die hart.
Indien jy sukkel met Lewenswetenskap en ekstraklasse of tutoring hulp benodig. Kontak gerus 076 230 4040 of stuur ‘n e-pos na info@comma.co.za vir enige navrae.