Fisiese Verandering:
Kleur, grootte, vorm, massa, digtheid, elektriese geleiding en fase van ‘n stof is almal fisiese eienskappe. Dit is wanneer hierdie eienskappe verander, wanneer fisiese verandering plaasvind.
Chemiese Verandering:
Chemiese verandering vind plaas wanneer atome van bindende stowwe(reaktante) herrangskik word om ‘n nuwe stof(produkte) te vorm.
Kom ons kyk na wat gebeur wanneer jy ‘n ongenoemde stof verhit en laat afkoel:
- Die stof het uitgesit(groter geword) of gekrimp(kleiner geword) -> Fisiese Verandering
- Stof het gesmelt of gekook -> Fisiese Verandering
- Die stof het kleur verander -> Fisiese Verandering OF Chemiese verandering. Hang af van die omstandighede, omdat ‘n nuwe stof kon wel vorm as die stof kleur verander.
- Die materiaal laat ‘n groter of kleiner lading daardeur vloei -> Fisiese verandering
- ‘n Nuwe stof het gevorm -> Chemiese Verandering
Indien jy Chemie ekstra klasse of tutoring hulp benodig. Kontak 076 230 4040 of stuur ‘n e-pos na info@comma.co.za indien jy enige navrae het.